Is jy gereed om jou Taal-Staal te wys?

Wat is die Taallimpiese Spele?

Die Taallimpiese Spele is die FAK se eie Olimpiese Spele vir Taal en word aangebied oor dieselfde tydperk as die Olimpiese Spele, wat vanjaar in Parys, Frankryk, plaasvind. Dit sal vanaf hierdie jaar ook elke vierde jaar gehou word. Die doel is om pret te hê in jou taal.

DEELNAME IS HEELTEMAL GRATIS VIR ALMAL!!

Wie kan deelneem?

Enige iemand en almal tussen die ouderdom van 7 tot 100 wat hou van ons Taal Afrikaans.

Jy kan inskryf vir die Aanlyn Taallimpiese spele of die fisiese Taallimpiese Spele wat plaasvind op die gronde van die Voortrekkermonument op 3 Augustus 2024

Hoe om deel te neem?

  • Aanlyn Taallimpiese Spele

Klik op die Aanlyn deelnameblok hierbo, vul jou inligting in en hou die datums dop van die aanlyn spele waaraan jy wil deelneem. Hoe meer jy deelneem, hoe groter jou kanse om die algehele wenner te word.

  • Fisiese Taallimpiese spele (3 Augutus 2024 by die Voortrekkermonument)

Klik op die Voortrekkermonument deelnameblok hierbo, vul die vorm in en skryf jou span van 4-6 in vir die pret by die Voortrekkermonument self, wat op 3 Augustus gehou sal word.

Lekker pryse om te wen

Fisies

Deur die dag gaan verskillende spele gespeel word. Die punte tussen die TaalMaal en die Aflos gaan bymekaar getel word en die wenspan word met die volgende lekker pryse beloon:

  • Taallimpiese Spele-wisseltrofee
  • 50%-afslag by die Toekomsbou-museumteater
  • Midweek by FAK Udolpho Rivierplaas, Parys, Vrystaat
  • Afslag by Skool op Wiele of Uitspan Deli

Aanlyn

Vir die algehele wenners onder die skoliere- en volwasse afdeling

  • ’n R500 Takealot Voucher elk
  • Sertifikate en ’n Taallimpiese Spele-wisseltrofee

Moenie hierdie besonderse een van sy soort-kompetisie misloop nie … Skryf vandag nog in!