Die FAK met Gisela de Villiers bied aan ‘n slypskool vir Toonsetting van gedigte

Wil jy graag meer leer oor hoe om te dig en te toonset of wil jy dalk die volgende nommer 1-treffer kan skryf?

Kundramus in samewerking met die FAK, bied op 22 Junie ’n slypskool vir toonsetting van gedigte aan vir ALLE hoërskoolleerlinge, studente en enige persoon wat graag wil leer hoe om ’n lied van begin tot einde aanmekaar te sit?

Die kursus word aangebied by die Voortrekkermonument in die FAK Liedjietuin deur die internasionale bekende Gisela de Villiers.

Gisela is ’n komponis, dirigent, pianis en sangeres. Sy publiseer haar werke internasionaal en bied gereeld meesterklasse aan in Suid-Afrika en Europa. Haar optredes as solis vind plaas in Wene, Praag, Venesië, Soest en Kraków.

Gisela het verskeie CD’s opgeneem, o.a. Die deur is oop, Songs of fire and ice, Tussen vriende, en in 2019, ’n versameling van haar eie werke, getitel Gisela se Songboek 1.

Gisela is nie net ’n direkteur van Infullvoice Productions, wat jong sangers bystaan en afrig nie, maar skryf ook tekste en komponeer self.

Sy is ook ’n koordirigent, werkswinkelaanbieder, radio-omroeper, kabaretkunstenaar, musiek-ikoon en soveel meer.

Jy kan uitsien na ’n insiggewende sessie met indiepte-raad, vaardighede en hulpmiddels om jou dig- en toonsettingsvermoë op te skerp.

Wat jy moet saambring:

  • ’n Gedig of spreuk waarmee ons kan werk. (Kan eie gedig wees of iets waarvan jy hou.)

Datum: 22 Junie 2024

Tyd: 08:30 – 15:00

Plek: FAK Liedjietuin by die Voortrekkermonument

Koste: Koste beloop R290 per persoon en sluit ’n ete in.

Vul die vorm in voor of op 17 Junie 2024 om jou plek te bespreek!

Die betaling van R290 moet voor 20 Junie 2024 op die volgende manier betaal word:

DIE FEDERASIE VAN AFRIKAANSE
KULTUURVERENIGINGE NPC
ABSA
9287735275
SPAARREKENING
Jou verwysing: Van en Gedigslypskool
Bepalings en voorwaardes geld
Stuur asseblief bewys van betaling na Lieandri Ackermann: lieandri@kultuurtuiste.org.za