Kom leer by die legendariese kunstenaar Kobus Möller hoe om jou kunswerke lewe en  tekstuur te gee deur te leer hoe om jou eie doek of “canvas” te maak.

Die FAK-VTM-Kunsgalery nooi jou uit om onder Kobus se leiding hierdie pyl in jou kunskoker te sit! Nie net gaan dit jou skilderye nuwe lewe gee nie, maar deur te leer hoe om dit self te maak, gaan jou honderde, selfs duisende, rande spaar in die aankoop van klaargemaakte doeke in die toekoms.

Datum: 3 Mei 2025
Plek: Blinkvosperd-lapa (Voortrekkermonument)
Tyd: 10:30–15:30
Koste: R450 (Alle materiaal ingesluit)

Wat moet jy bring?
• ’n Voorskoot
• Haardroër met die nodige prop
• 2x 40 mm-verfkwaste
• Lapskêr

Hier gaan lekker gespeel word …

’n Heerlike roosterkoek-burger en skyfies wag vir jou in pouse!

Inskrywings sluit 25 April met ‘n beperkte aantal plek beskikbaar so gou spring vinnig en bespreek nou jou plek (vul diegene wat die werkswinkel gaan bywoon se besonderhede in):

Betaalopsies beskikbaar:
Jy kan jou betaling gerieflik maak deur een van die volgende metodes te gebruik:

1. PayFast: Veilige en kits aanlyn betaling met kredietkaart, debietkaart of ander digitale opsies.
2. EFT: Maak betaling vanaf jou bankrekening oor na ons rekening. Bankbesonderhede hieronder beskikbaar.

Kies gerus die opsie wat jou die beste pas!

Betaal via PayFast

Betaal via EFT:

BANKBESONDERHEDE

DIE FEDERASIE VAN AFRIKAANSE KULTUURVERENIGINGE NPC
ABSA
9287735275
SPAARREKENING
Verwysing: Voorletters en Van/Kobus S

Stuur asseblief bewys van betaling per e-pos vir Lieandri Ackermann by: lieandri@kultuurtuiste.org.za