PROJEKTE
Welkom by ons projekte-webtuiste. Hier word al die vlagskipprojekte en kompetisies van jou gunsteling Afrikaansorganisasie, die FAK, gelys.
Wil jy meer leer oor kuns? Nou is jou kans
Die FAK en FAK-VTM Kunsgalery bied op 26 Oktober ’n kunsslypskool aan vir hoërskoolleerlinge en studente, asook opkomende en gevestigde kunstenaars.
Die kursus word by die Voortrekkermonument deur Kobus Möller aangebied, wie se werke by internasionale kunsgalerye in Afrika, Europa, China en die Verenigde State uitgestal word.
Hier is die geleentheid waarvoor jy nog altyd wag!
Kom maak jou wildste Boereorkes-drome waar en leer hoe om instrumente soos die konsertina, banjo, traporrel, kitaar en kontrabas te kan speel …
Woon hierdie unieke GRATIS tradisionele Boeremusiek-Slypskool by, met trots aangebied deur die FAK en TBK.