BEPALINGS & VOORWAARDES
BEPALINGS EN VOORWAARDES
Deelnemers bo 18 jaar en ouer/voog van deelnemers jonger as 18 gaan tydens die aanlyn inskrywing of vir kuns by die aangehegte inskrywingsvorm die volgende bepalings en voorwaardes volgens die POPI-wet moet onderneem:
Die bepalings en voorwaardes is:
Ek as deelnemer bo 18 jaar of ouer/voog van deelnemers jonger as 18 verleen hiermee toestemming aan die FAK om alle foto’s, beeldmateriaal, video’s en persoonlike inligting verskaf op die inskrywingsvorm van die deelnemers op alle mediaplatforms tot die FAK se beskikking te plaas. Die platforms sluit in, dog is nie beperk nie, Facebook, Instagram, Nuusflitse, Koerante, Tydskrifte, ensovoorts.
Deur hierdie toestemming te verleen, begryp ek dat die FAK foto’s en persoonlike inligting verskaf op die inskrywingsvorm van die deelnemers kan gebruik vir doeleindes soos om prestasies te vier, die gemeenskap die geleentheid te gee om die wenner aan te wys en te vereer soos dit die FAK behaag en om rekord daarvan te hou.
Ek verstaan voorts dat die FAK wat met die foto’s/beeldmateriaal/video’s/ inskrywings/deelnemers verbind word, geïdentifiseer sal word, en dat slegs die deelnemer se inskrywing, naam, van en skool se naam, saam met die bogenoemde materiaal bekendgestel sal word.
Ek stem in tot hierdie vrywaring in die wete dat enige foto’s/beeldmateriaal/video’s/ inskrywings/deelnemers wat op die FAK se platforms gepubliseer word, deur verskeie nuusorganisasies, waaronder gedrukte, elektroniese en uitsaaimedia, bekom en gereproduseer kan word, en daarom vrywaar ek die FAK van enige aanspreeklikheid wat kan ontstaan uit die gebruik van sodanige persoonlike inligting.
Daarbenewens begryp ek dat daar moontlike gevare bestaan in verband met die publikasie van foto’s/beeldmateriaal/video’s/inskrywings/deelnemers, aangesien wêreldwye toegang tot die internet dit onmoontlik maak om te beheer wie toegang tot die inligting verkry.
Ek verstaan ook dat indien ek hierdie ooreenkoms wil herroep, ek dit in enige stadium kan doen deur ’n e-pos aan die FAK te stuur.
Dit is wat ek onderneem deur die bepalings en voorwaardes te aanvaar op projekte.co.za of die aangehegte inskrywingsvorm vir kuns.