
Hier is die skedule, hou mooi dop. Die aktiwiteite maak op verskillende dae oop en toe en jy het net ’n sekere tyd om die aktiwiteite te voltooi. Jy het nie nodig om aan alles deel te neem nie, maar kan jou kanse dan belemmer om die Algehele Wenner te kan wees.
Kategorie |
Aanbiedingsdatum |
Fotografie 1 |
26 Julie – 01 Augustus |
Fotografie 2 |
02 Augustus – 08 Augustus |
Gedigte 1 |
26 Julie – 01 Augustus |
Gedigte 2 |
02 Augustus – 08 Augustus |
Blokkiesraaisel 1 |
26 Julie |
Blokkiesraaisel 2 |
07 Augustus |
Woordskommel 1 |
28 Julie |
Woordskommel 2 |
31 Julie |
Woordskommel 3 |
04 Augustus |
Woordskommel 4 |
09 Augustus |
Woordskommel 5 |
11 Augustus |
Woordsoek 1 |
29 Julie |
Woordsoek 2 |
01 Augustus |
Woordsoek 3 |
05 Augustus |
Kodeblokraaisel 1 |
27 Julie |
Kodeblokraaisel 2 |
30 Julie |
Kodeblokraaisel 3 |
03 Augustus |
Kodeblokraaisel 4 |
6 Augustus |
Kodeblokraaisel 5 |
10 Augustus |
Idiome 1 |
03 Augustus |
Idiome 2 |
08 Augustus |
Tydperk
Hierdie Spele gaan van 26 Julie tot 11 Augustus plaasvind.
Ander belangrike datums
Die wenner van die aanlyn spele sal op 12 Augustus aangekondig word.
Beoordeling en erkenning
Aanlyn
Deur die week van 26 Julie tot 11 Augustus gaan daar elke dag iets wees wat aanlyn open om aan deel te neem of waarvan die datum sluit om iets in te dien. Jy hoef nie aan alles deel te neem nie, maar hoe groter die deelname hoe meer punte sal jy aan die einde van die dag bekom, wat kan maak of jy die prys gaan wen of nie.
Alles tel sekere punte en as dit daarop neerkom dat jy en ander mense dieselfde punte het, sal daar ’n doodskoot-rondte wees om die Algehele wenner te bepaal.
Die volwasse en skolierafdeling se Algehele wenners ontvang elkeen die volgende:
- ’n Sertifikaat en Medalje
- ’n R500 Take a lot-geskenkbewys
Algemene reëls
- By die aanlyn spele mag Google gebruik word.
- Ouers mag die skoliere help, maar probeer eers self.
- Die doel is om dit te geniet en meer te leer van en in jou taal.
- Dit bly die deelnemer se verantwoordelikheid om die korrekte inligting tydens die inskrywing te verskaf, aangesien al die inligting op die sertifikaat en waarheen dit gestuur word hiervan af verkry word.
- Die FAK mag jou werk gebruik vir publisering of op sosiale media.
- Die beslissing van die beoordelaars is finaal en geen redekawel daaroor sal toegelaat word nie.
Navrae
Lieandri Ackermann by lieandri@kultuurtuiste.org.za