
Hoe om deel te neem?
Fisiese deelname by die Voortrekkermonument op 3 Augustus 2024
- Vul die vorm in en skryf jou span van 4-6 in vir die pret by die Voortrekkermonument self, wat op 3 Augustus gehou sal word.
- Verskeie aktiwiteite op die dag:
- Taal-Maal-speletjies (Skep die langste woord, Ontsyfer die letters, Spel-tel)
- Aflos (Tydresies tussen die verskeie spanne. Items soos Huppel-oppie-stippel, Idioom-sindroom en vele meer)
Beoordeling en erkenning
Fisies
Deur die dag gaan verskillende spele gespeel word. Die punte tussen die TaalMaal en die Aflos gaan bymekaar opgetel word en die wenspan word met die volgende lekker pryse beloon.
- Taallimpiese Spele-wisseltrofee
- 50%-afslag by die Toekomsbou-museumteater
- Midweek by FAK Udolpho Rivierplaas, Parys, Vrystaat
- Afslag by Skool op Wiele of Uitspan Deli
Navrae
Lieandri Ackermann by lieandri@kultuurtuiste.org.za
Vul die vorm in om jou span in te skryf!