Wil jy meer leer oor kuns? Nou is jou kans

Die FAK en FAK-VTM Kunsgalery bied op 26 Oktober ’n kunsslypskool aan vir hoërskoolleerlinge en studente, asook opkomende en gevestigde kunstenaars.

Die kursus word by die Voortrekkermonument deur Kobus Möller aangebied, wie se werke by internasionale kunsgalerye in Afrika, Europa, China en die Verenigde State uitgestal word. As professionele kunstenaar is Kobus in Sweedse, Amerikaanse, Duitse en Suid-Afrikaanse publikasies gepubliseer. Sy kunswerke het grootliks gepryk in hoofartikels wat in meer as 50 internasionale tydskrifte gepubliseer is. Hy was ook die ontvanger van baie gesogte toekennings.

Jy kan uitsien na ’n indiepte- teoretiese klas waar die basiese beginsels en belangrikheid van kuns bespreek gaan word. Hier gaan ook gewys word hoe teksture geskep word, hoe toonwaardes ’n rol speel en hoe die werk lewe kan spreek.

Wat jy moet saambring:

Notaboek en pen, of neem ’n opname met jou foon/kamera.

Datum: 26 Oktober 2024
Tyd: 09:00 – 13:00
Plek: FAK Liedjietuin by die Voortrekkermonument
Koste: Koste beloop R150 per persoon en sluit ’n ete in.

Kobus Möller gaan ook vanaf 13:00 ’n toer gee in die FAK-VTM Kunsgalery in die Monument teen ’n addisionele koste van R30.

Dui ook asseblief aan of u hierdie toer gaan bywoon.

Vul die vorm in voor of op 22 Oktober 2024 om jou plek te bespreek!

Kies een van die twee opsies

DIE FEDERASIE VAN AFRIKAANSE
KULTUURVERENIGINGE NPC
ABSA
9287735275
SPAARREKENING
Jou verwysing: Van en kunsslypskool2
Bepalings en voorwaardes geld
Stuur asseblief bewys van betaling na Lieandri Ackermann: lieandri@kultuurtuiste.org.za