
Opedag vir Kunstenaars
Ons is opgewonde om opkomende kunstenaars te nooi om hul werk op 1 tot 3 Mei by ons unieke lokaal te kom uitstal. Dit is ’n fantastiese geleentheid vir nuwe kunstenaars om hul werk ten toon te stel, blootstelling te kry, kontak te maak met kunsentoesiaste en te verkoop.
Waarna is ons op soek:
- Innoverende en talentvolle kunstenaars wat die grense met hul medium verskuif.
- Genre vir hierdie opedag: Portrette, wildlewe, landskappe en stillewe.
- Kunswerke wat nie die pryslimiet van R 5000,00 oorskry nie.
Ons het slegs agt (8) uitstalruimtes en kunstenaars is welkom om die spasie alleen te gebruik of met ’n medekunstenaar te deel.
Die spasie se koste is R 1000.00. Die galery neem geen kommissie op die deelnemende kunstenaars se verkope nie.
Wanneer: 1-3 Mei 2026
Tyd: 10:00 tot 17:00
Spasiegrootte: 5 m x 5 m
Prys: R 1 000.00
Neem kennis: Kunstenaars moet hulle eie esels, vertoontoerusting en verpakkingsmateriaal bring.
Sperdatum vir voorleggings: Woensdag 22 Junie om 16:00. Aansoeke is gratis, spasietoekenning is onderhewig aan keuring sou daar meer aansoeke wees as spasie.
Die agt kunstenaars wat aan hierdie geleentheid sal deelneem, sal nie later nie as Vrydag 24 April voor 15:00 in kennis gestel word.
Skryf nou in:
