Kom skerp jou koerantkennis op saam met die FAK

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge bied vanjaar opwindende nuwe slypskole aan saam met kenners van regoor die land en jy word genooi om deel te neem.

Op 18 Februarie bied ons vir jou die geleentheid om alles te leer oor koerantwese en hoe om jou skoolkoerant te omskep in ’n wêreldklaspublikasie.

Dié slypskool word aangebied deur verskeie kenners in die koerantwese en dek ’n wye spektrum van gesprekke om jou te leer skryf soos ’n gesoute joernalis.

Kom leer meer oor die funksionering van ’n koerant en nuuskantoor by Nico Strydom (redakteur: Maroela Media). Seugnet van Zyl (senior joernalis: Beeld) is hier om jou meer te leer oor inhoud, hoe om jou stories te kies en hoe om ’n ordentlike artikel te skryf. F.C. Pelser (kommunikasiebeampte: Voortrekkermonument en FAK) gaan jou touwys maak met uitleg van koerante en hoe om jou koerant visueel te laat uitstaan. Jhua-nine Wyrley-Birch (multimedia-joernalis: Maroela Media) sal laastens haar kennis oor fotografie en video-verslaggewing met jou deel.

Datum: 18 Februarie

Tyd: 09:00 – 11:00

Plek: Voortrekkersaal, Voortrekkermonument

INSKRYWINGS SLUIT 10 FEBRUARIE 2023.

SKRYF NOU IN DEUR DIE ONDERSTAANDE VORM TE VOLTOOI.

Individuele inskrywing

Die betaling van R120 moet op die volgende manier betaal word voor 17 Februarie 2023 anders sal die plek verbeur word:

DIE FEDERASIE VAN AFRIKAANSE KULTUURVERENIGINGE NPC
ABSA
9287735275
SPAARREKENING

Jou Verwysing: Van en SlypskoolG

Bepalings en voorwaardes geld.

Spaninskrywing

Die betaling van R500 moet op die volgende manier betaal word voor 17 Februarie 2023, anders sal die plekke verbeur word:

DIE FEDERASIE VAN AFRIKAANSE KULTUURVERENIGINGE NPC
ABSA
9287735275
SPAARREKENING

Jou Verwysing: Skool en SlypskoolG

Bepalings en voorwaardes geld.