Die FAK en Ovie-Vibz bied op Vrydag 25 April 2025 om 16:00 ’n baie unieke werksessie aan vir musiekliefhebbers in die saal van Hoërskool Overkruin.

Een van Suid-Afrika se topdirigente, Jaco van Staden, gaan saam met die FAK-JSO aan die gehoor ’n interaktiewe werksessie aanbied waartydens kort beskrywings van die instrumente gegee, asook hul doel in die orkes aan jonk en oud verduidelik word.

Hierdie is ’n rare geleentheid om ’n simfonieorkes van naby te ervaar en ook bietjie insig en kennis van ’n wêreldklasdirigent oor klassieke musiek te ontvang. Dit sal aan jong musikante ’n praktiese leerervaring bied en hul musikale kennis verryk.

Die orkes gaan ook onder Van Staden se leiding ’n paar werke uit hul onlangse vertoning, wat baie goed deur gehore ontvang is, speel.

Ingang is gratis en oud en jonk is welkom om dit by te woon.

RSVP nou:

Indien leerder onder 18 jaar is, voltooi asseblief die volgende velde: