GROOTSTE AFRIKAANSE SPELETJIEOLIMPIADE
TER WÊRELD
Spoetnik is in 2015 gestig en bevorder die laaste ses jaar Afrikaans en Afrikanergeskiedenis op ’n speel-speel manier deur die meer as 13 bordspeletjies wat hulle al bekendgestel het. Boereplaas, TydToer, Tel jou woorde en Die volgende stop is maar ’n paar van hul suksesverhale.
Die FAK het op 18 November 2021 by die Voortrekkermonument hierdie baanbrekers vereer met ’n FAK Prestige-toekenning vir die bevordering van Afrikaans en Afrikanergeskiedenis. Spoetnik het ook ’n oorsig van hul bestaande bordspeletjies gegee.
Saterdag 13 Augustus gee die FAK en Spoetnik vir jou die kans om die kampioen van kampioene te wees in die speletjieswêreld en weg te stap met splinternuwe bordspeletjies.
HOE GAAN DIE OLIMPIADE WERK:
Skryf jou span van ses lede in (daar moet ten minste een volwassene toesig hou by elke groep).
Daar gaan vier speletjies gespeel word waaruit die topses van elke ouderdomsgroep gekies sal word. Hierdie topses gaan dan teen mekaar meeding om die kampioen te bepaal. Die wenner gaan ook met die lekker pryse wegstap.
Die vier speletjies wat gespeel gaan word, is Boereplaas, TydToer, Patriot Troefkaarte en Tel jou woorde.
Skryf nou in deur op die volgende skakel te klik: https://projekte.co.za/
Inskrywings sluit 8 Augustus.
Verdere inligting oor die deelname sal na die datum volg.
DATUM: 13 Augustus
TYD: 09:00-16:00
PLEK: Profcon Resort, Graaff-Reinet
Inskrywingskoste: R50
Die betaling van R50 per persoon moet op die volgende manier betaal word voor 8 Augustus, anders sal die plekke verbeur word:
DIE FEDERASIE VAN AFRIKAANSE KULTUURVERENIGINGE NPC
ABSA
9287735275
SPAARREKENING
Jou Verwysing: Speletjie-olimpiade
Bepalings en voorwaardes geld.
SPANINSKRYWING
Ons sien daarna uit dat julle saam met ons kom pret hê. Vir enige navrae stuur asseblief ’n e-pos na charlotte@kultuurtuiste.org.za